EENSKOTTEL HOENDER- EN RYSGEREG MET TAMATIE
- 2 koppies Tastic rou rys
- 2 koppies gevriesde gemengde groente
- 3 opgekerfde uie
- 2 knoffelvingertjies in skyfies gesny of 2 eetlepels “crushed garlic”
- 3 opgesnyde tamaties
- 1 pak opgekerfde sampioene
- 6 – 8 stukke hoender dye of enige snit wat jy verkies
- paar aartappels, gehalveer
- 1 – 2 pakkies bruinuiesop of enige sop van jou keuse
- ½ koppie olyfolie of gewone olie
- ½ koppie Worcestersous
- 1 blokkie hoenderaftreksel
- hoender speserye
- growwe swart peper
- sout na smaak
Meng rou rys met gemengde groente, uie, tamaties, sampioene, knoffel en skep in ‘n kasserol pan met ‘n deksel.
Rangskik aartappels plat bo-op rysmengsel.
Rangskik rou hoenderstukke op aartappels.
Meng 1½ tot 2 liter water met Worcestersous, hoenderaftreksel en soppoeier.
Giet oor hoender in kasserol bak.
Giet olyfolie oor elke hoenderstuk.
Sprinkel met speserye, sout en growwe swart peper.
Sit deksel op en plaas in die oond op die middel rakkie wat vooraf verhit is by 180°C vir 2 ure.
Toets net rys vir tekstuur en gaarheid. As nog effens hard is en vloeistof is te min dan voeg jy net nog so koppie water oor. Maak deksel toe en laat vir nog 30 min bak.
Wanneer dit reg is, verwyder die deksel en bak oop in oond op gril tot hoender mooi bruin van kleur is.
Resep: Elize Olivier
Foto: Elaine Steyn Steyn