Your Recipe Blog

EENPOT MAALVLEISGEREG

EENPOT MAALVLEISGEREG

  • ½ teelepel droë pietersielie
  • 1 teelepel vars knoffel, gekap
  • 500 g bees maalvleis
  • 1 pakkie potato bake (garlic en herb) Knorr
  • ½ teelepels sout
  • 2 koppies kookwater
  • 1 ¾ koppie volroom melk
  • 2 koppies rou spiraal pasta

Verhit olie en soteer pietersielie en knoffel vir 2 minute.
Voeg maalvleis by en braai tot gekleur. Roer potato bake en sout by.
Voeg kookwater en melk by. Gooi pasta by en roer deur.
Prut vir 25 minute sonder deksel oor matige hitte.
Roer deur en plaas deksel op en laat prut vir nog ‘n verdere 10 minute.
Sit warm voor met slaai van eie keuse.

Foto: Elsie Jacobs Dreyer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5