EEN BAK HOENDERGEREG
- Plaas ‘n laag rou Basmati rys onder in ‘n groot oondpan
- ongeveer 12 stukke dye en boudjies
- 1 botterskorsie, in skywe
- aartappels, in blokkies
- gekapte uie
- rooi en groen soetrissie, gesny
- sampioene, gekerf
- geelwortels, geskil en in blokkies gesny
Pak die hoender porsies op die rou rys en sit die res van die bestanddele tussen die hoenderstukke.
- Maak ‘n sous van die volgende:
- 2 liter water
- 8 eetlepels mayonaisse
- 4 eetlepels blatjang
- 2 pakkies hoendersoppoeier
- hoenderspeserye
- bietjie fyn naeltjies
Meng al die bestanddele van die sous saam en giet oor hoender en groente.
Maak die bak toe met foelie en bak by 180°C vir om en by 1 ½ uur.
Haal foelie af en bak ‘n verdere 10 minute tot bruin.
Prutpot idee:
Frans van Rensburg
Ek het vandag Petré se “Een bak hoendergereg” wat eintlik in oondpan moet kom net so in my slow cooker gemaak. (Op high vir 5 ure. Maak net seker aartappels is sag.) Heerlik!
Resep net so gebruik. Genoeg vloeistof. Alles perfek vir slow cooker. Ek het gewone Tastic rys gebruik. Dankie Petré!
Resep en foto: Petré van Jaarsveld