“EBONY AND IVORY” KOEKIES
- 24 koppies koekmeel
- 3 koppies “Dutched” kakao
- 9 koppies strooisuiker
- knippie sout
- 2.25 kg botter, kamertemperatuur
- 45 ml koffiepoeier
- 45 ml koeksoda
- 45 ml koffiepoeier
- 15 ml vanilla ekstrak
- 90 ml gouestroop
Meng die koffiepoeier met koowater.
Voeg die koeksoda by (dit gaan opbruis) en meng goed.
Voeg die vanilla en stroop by. Koel af tot kamertemperatuur.
Sif die meel, kakao, strooisuiker en sout saam, en vryf die botter in.
Sodra die koffiemengsel afgekoel het, maak die deeg daarmee aan en druk deur koekiedrukker.
Bak teen 165°C vir 7 minute. Draai die panne en bak vir ‘n verdere 7 min.
Laat die panne effens afkoel, laat dan verder afkoel op ‘n bakdoek.
Vul soos verkies.
Laat droog word en verpak.
- My vulsel:
- 500 g botter, kamertemperatuur
- sout
- 1 kg versiersuiker gesif
- ‘n “ganache” gemaak van 500 g wit Franse sjokolade en 125 ml kookwater, afgekoel
- 15 ml vanilla pasta
Klits die botter, sout, “ganache” en vanilla saam tot lig.
Sif die versiersuiker in en klits stadig tot geïnkorporeer en klits dan op medium spoed tot wolkerig.
Sit die koekies twee-twee opmekaar daarmee.
Resep en foto: Frikkie Jones