Your Recipe Blog

DURBAN INDIESE KERRIE

DURBAN INDIESE KERRIE

Ek het ‘n Regte Heerlike Durban Indiese Kerrie weer gisteraand gemaak. 😋
Ek koop die speserye by Indiese spesery winkels.

  • 2 groot uie, fyn opgesny
  • 2 vars kerrietakkies se blare
  • 2 teelepels komynsaad
  • 2 teelepels steranys
  • 2 kaneelstokkies
  • 2 lourierblare
  • 2 teelepels vinkelsaad
  • 2 teelepels groen kardemom
  • 2 teelepels swart kardemom
  • 2 naeltjies
  • 1 teelepel mosterdsaad
  • 2 teelepels gedroogde gebraaide fyn gesnyde uie (ek gebruik die in die pakkie)
  • 1 teelepel danja/jeera gemengde poeier
  • 2 teelepels borrie
  • ⅔ teelepel durban masala
  • 6 – 8 hoenderstukke
  • 4 tot 5 aartappels, gehalveer
  • 4 groot tamaties, opgesny
  • ¾ teelepel sout

Skep bietjie olie in ‘n braaipan.
Braai die uie en die kerrieblare saam met AL die bogenoemde speserye vir so 3 minute.
Voeg die gesnyde tamatieblokkies by en braai op lae hitte.
Voeg die sout by.
Plaas die hoenderstukke in ‘n pot.
Vul die pot tot driekwart met water (nie te veel water nie).
Voeg die uie braaimengsel by die hoender.
Voeg die aartappels by.
Kook met ‘n toe deksel tot die water minder raak en die hoender gaar raak.
Skakel plaat laer en prut tot vloeistof bietjie minder is en die hoender en aartappels gaar is.
Verwyder die kerrie blaartjies en groot stukke speserye en bedien met rys of in ’n bunny chow.

Resep en fotos: Yvonne Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page