“DUNKED WINGS”
Ek vandag ook iets nuuts probeer. My man sê dit was poeding! 💃. Ons KFC het maar min hiervan en hy hou baie daarvan. Toe maak ek maar plan.
- 12 heel hoendervlerkies
- 1 teelepel heuning
- 1 teelepel stroop (treacle)
- ½ – 1 teelepel fyn gemmer
- 1 eetlepel botter
- 2 klein rooi uie
- 1 knoffel toontjie
- 1 pakkie braai sous vir sticky ribs (Lappies sin gebruik)
- koekmeel
- peper
- braaivleisspeserye
- Tobasco
Sny vlerkies in 3 dele. Klein boudjie, tweebeentjie deel en afval puntjie. Bêre afvalpuntjies en gebruik weer later vir hoender aftreksel.
Meng meel, braaivleisspeserye en peper goed. Rol vlerkies deeglik in meelmengsel. Plaas braai sous, stroop, heuning, gemmer en Tobasco in ‘n bak en meng goed.
Braai fyngekapte ui en knoffel, in botter tot dit lyk of botter verbruin. Voeg die mengsel by braaisousmengsel en meng.
Verhit olie in deepfryer en braai hoender tot “crispy”: 12 – 15 minute. Haal uit die olie, plaas in ‘n bak en bedruip met braaisous. Skud of meng sodat elke hoenderstukkie gedek is. Geniet.

“Burnt butter” fyn aartappels:
Aartappels, gaar gekook soos vir fyn aartapels. Voeg genoeg melk by om meer mengbaar te maak. Voeg die helfte van uie en knoffel gebraai in botter by – met ekstra botter soos verlang. Maak fyn en geniet.
Foto en resep: Renate Strydom Engelbrecht
Category: