Your Recipe Blog

DROËVRUGTE POTJIE

Recipe by
Cook: 40 - 60 minute + 20 minute

DROËVRUGTE POTJIE

  • 1 kg skaap- of beesstowevleis
  • paar lepels kookolie
  • 1 liter water
  • 1 blokkie bees- of skaapekstrak
  • 300 g gemengde droëvrugte
  • 1 groot ui, in agstes gesny
  • 4 aartappels, geskil en in blokke gesny
  • ¼ koppie sojasous
  • 4 eetlepels soetrissiesous
  • sout en peper of biltong speserye, na smaak

Braai die vleis in die olie tot bruin, voeg die uie by en braai totdat dit glaserig is.
Voeg die water en die ekstrakblokkie by en verhit tot dit kook.
Prut die potjie vir 40 – 60 minute totdat die vleis begin sag word.
Voeg die aartappels en droëvrugte by die vleis en kook nog ‘n verdere 20 minute.
Voeg die soja-, soetrissiesous en geurmiddels by en prut totdat dit verdik.
Bedien met rys of pap, njamm!

Resep en foto: Stef Conradie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page