DRIEBOONTJIESLAAI
- Slaai:
- 1 groot ui
- 1 groen soetrissie
- 2 blikke (410g elk) botterbone
- 2 blikke (410g elk) gesnyde groenbone
- 2 blikke (410g elk) boontjies in tamatiesous
- Sous:
- 250 ml asyn
- 200 ml slaai olie
- 100 g (125 ml) suiker
- 37,5 ml gedroogde basiliekruid
Skil en kap die ui fyn.
Halveer, ontpit en snipper soetrissie fyn.
Dreineer die botterbone en gesnyde groenbone.
Meng die ui, soetrissie, botterbone, gesnyde groenbone en boontjies in tamatiesous liggies.
Meng asyn, slaai olie, witsuiker en basiliekruid.
Voeg boontjiemengsel by en meng.
Skep in flesse en bewaar in die koelkas.
Nota:
Lewer ongeveer 2 liter drieboontjieslaai.
Ek het per ongeluk ‘n blikkie “four bean mix” gekoop, dit toe gebruik.
Smaak lekker.
Foto: Marie Dumas Jennings
Resep gepos deur Marie Dumas Jennings