DRIE VLEISE EN TWEE KASE PIZZA
“Vandag pizza gemaak. Ek noem dit sommer “Three meats and two cheeses pizza”. Pizzabasis met tamatiemengsel gekoop. Vulsels en hoeveelheid soos jy verkies, ek het “bacon bits” gebraai en met ‘n steakhouse- sous gemeng.”
- winkel-pizzabasis met tamatiemengsel bedek
- hamstukkies, na smaak
- spekstukkies, gebraai en na smaak
- salamistukkies, na smaak
- sampioene, grof gekap, na smaak
- geel- en wit Cheddarkaas, gerasper, na smaak
- “one for all” kruiemengsel, na smaak
- steakhousesous, na smaak
Smeer gekoopte tamatiepizzabasis met bietjie van steakhousesous. Versprei vleisstukkies en sampioene oor die basis. Strooi die kaas oor. Geur met kruie.
Bak vir 10 minute by 190 °C.
Foto en resep: Marie Dumas Jennings