Your Recipe Blog

DONUT BALLE

Avatar photo
Recipe by
Prep: 80-90 minute |

DONUT BALLE

  • 10 g kitsgis
  • ½ koppie louwarm melk
  • 4 koppies koekmeel
  • ½ koppie suiker
  • 5 ml sout
  • ¼ koppie gesmelte botter
  • 2 eiers, geklits
  • olie vir diepbraai

Meng die gis en melk in ‘n groot bak en roer tot gis opgelos is.
Meng een koppie meel by die gismengsel en laat staan die mengsel ongeveer 20 minute tot borrels op die oppervlak vorm.
Meng die oorblywende meel, suiker en sout.
Voeg die botter, gismengsel en eiers by die meelmengsel en knie vir ongeveer 10 minute.
Los 30 minute om te rys.
Knie weer af en vorm balletjies so groot soos golfballe, laat staan vir 10 minute.
Verhit olie vir diepbraai en braai tot goudbruin.
Rol warm balletjies in strooisuiker.
Jy kan selfs ‘n gaatjie in middel maak en vulsel (konfyt/ karamel) van jou keuse inspuit.
Geniet!

Resep en fotos: Jolanda Diederiks

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5