Your Recipe Blog

DIRK SE MIELIETERT

DIRK SE MIELIETERT

Hierdie is lekker saam met braaivleis.

  • 4 eiers
  • 2 groot blikke roommielies
  • 60 ml koekmeel
  • 60 ml gesmelte botter
  • 60 ml suiker
  • 15 ml bakpoeier

Meng alles met ‘n hand klitser, giet in ‘n oondbak en bak vir 40 minute teen 180 ºC tot goudbruin.

Nota:
Suemeria Nel  – Die metode se jy moet alles saam gooi en net meng, ek het een tert so gemaak en hy het bietjie plat geval. Met die ander tert het ek eers alle bestandele saam gegooi buiten die mielies, geklits met ‘n elektriese klitser tot gemeng en romerig, toe gooi ek die blikkies mielies by en meng. Hy het so mooi gerys, klein bietjie plat geval maar nie soos die eerste een nie.

Anne Snyman
Ek het dit vanaand gemaak by ons braaivleis, gebraaide uie bygevoeg en dit was heerlik. O ja, en ek het geen suiker bygevoeg nie, aangesien die sweetcorn self soet is. Ek het ook kaas ingesit. Dit was heerlik.

Veronica Kern
Hierdie is die lekkerste resep. Regtig nie room nodig nie. Ek gebruik altyd 1 blik geroomde mielies en 1 blik heelpit mielies.

Foto:  Gerda Venter
My weergawe van Dirk se mielietert, ek het net kaas bo-oor gestrooi.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page