DIEPGEBRAAIDE UIE
Ook bekend as blooming onion.
- 1 ui per persoon of soos verkies
- koekmeel, gemeng met eie keuse speserye en kruie
- sout
- geklitste eier
- olie vir diep braai
Skil die uie sodat die worteldeel heel bly.
Sny die uie “criss cross” maar nie heeltemal deur nie sodat dit by die worteldeel aanmekaar bly.
Maak die gesnyde uie blare liggies van mekaar af en besprinkel met die meel wat gemeng is met jou keuse van speserye en sout sodat dit tussen die gesnyde dele ingaan.
Doop dit dan die hele ui in geklitste eier sodat die eier ook in die uie se gesnyde dele kan intrek.
Besprinkel weer met die meelmengsel.
Maak in ‘n swartpot olie warm, ek het dit oppie kole gedoen en diepbraai die uie vir omtrent 25 min tot mooi goudbruin.
Ek het een ui per persoon gemaak.
Dit is djeeeeerlik
Resep en foto: Gidoen Louw