Your Recipe Blog

DEON SE ONTBEENDE SPRINGBOKBOUD

DEON SE ONTBEENDE SPRINGBOKBOUD

Ek het ‘n springbokboudjie gebak waaroor die gaste gaande was.

  • 1 springbokboud
  • karringmelk
  • vars roosmaryn
  • vars koljander
  • vars “chives”
  • slaphakskeentjies (klein ingelegte uitjies)
  • sout en swartpeper
  • groot velle varkspek
  • 8 naeltjies
  • 1 pakkie bruinuie soppoeier
  • fyn ingelegde knoffel
  • 1 koppie rooiwyn
  • tou vir vasbind

Ontbeen die boud en sny in die lengte oop. Laat lê in karringmelk vir 2 dae in die yskas.
Verwyder uit die karringmelk en “stop” met die roosmaryn, koljander, “chives” en slaphakskeentjies, sommer mildelik, moenie skaam wees nie, veral nie met die slaphakskeentjies nie.
Sprinkel met sout en swartpeper.
Vou toe en draai groot velle varkspek om, bind vas met toutjies.
Sit so 8 naeltjies tussen die vleis en die varkspek ingedruk.
Smeer die buitekant met die pakkie bruinuie soppoeier en fyn ingelegde knoffel.
Plaas nog vars kruie buite op net vir die lekker en die mooi.
Bak ‘n paar ure in ‘n toe vleisbak in die oond by 180 ºC.
Sodra die vleis gaar toets, gooi die sous af dat dit koud word en die vet bo-op stol.
Haal die koue vet op die sous af en behou die res van die sous.
Sit 1 koppie rooiwyn by en meng met die sous. Kook sous lekker deur en skep oor die boudjie.
Sit terug in die oond vir ‘n rukkie dat die sous goed warm word.
Skep uit in opdien skottel en giet sous oor die boudjie en bedien.

Resep en foto: Deon Huysamen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page