DEEG VIR BLOMKOOL EN BROCCOLI
- Meng die volgende saam om ‘n slapdegie te kry:
- ¾ koppie koekmeel
- ½ koppie mieliemeel
- ½ koppie melk
- 2 eiers
- speserye, na smaak
- Ekstra:
- krummels
- vars blomkool, in blommentjies gebreek
- vars broccoli, in blommetjies gebreek
- olie, vir diep braai
Doop blommetjies eers in die deeg, en rol dan in die krummels.
Braai in warm diep olie tot gaar en mooi strooi kleur.
Haal uit op kombuis papier.
Bedien as ‘n groente saam met gekookte kos.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk
Category: