DEATH BY BLACK FOREST TART
So nou en dan wen my donker kant my oor en dan bak ek iets wat genoeg suiker bevat om ‘n klein Afrika nasie te onderhou. My eie konkoksie, die “Death by Black Forrest Tart”.
Dit is lae met dark chocolate ganache, black cherry coulie met cherry infused red chocolate twirl bo-op.
Die resep is soos vir ‘n langwerpige losbodem tertpan.
- 1 voorafgemaakte tertkors
- 200 g donker sjokolade
- 75 g room
- 100 g swart kersies (Black Cherry topping)
- Topping vir ganache: (Ek het myne by Bakers Bin gekry)
- 100 g Black Cherry topping
- Topping vir die lae:
- 5 ml Kersie-likeur
- wit sjokolade vir die versiering
Die tertkors gebruik, is gemaak met Tennisbeskuitjies en botter.
Enige ander soet tertkors sal ook werk.
Smelt die doker sjokolade in ‘n dubbelkoker tot glad en vloeibaar.
Verwyder van die hitte en voeg die room by.
Roer die mengsel goed. Voeg 100 g van die “Black Cherry Topping ” by en plaas die mengsel weer op die hitte.
Klits met ‘n elektriese klitser todat die mengsel weer ‘n blink skynsel het.
Voeg die likeur by en roer goed.
Verwyder die mengsel van die hitte af.
Neem die ander 100 g Black Cherry Topping en plaas dit in die kors.
Skep die sjokolademengsel bo-oor.
Plaas die tert in die yskas vir ongeveer 3 ure.
Om die sjokolade “frill” te maak:
Smelt ongeveer 5 blokkies wit sjokolade.
Spuit ‘n patroon van jou keuse op wakspapier en laat dit stol.
Gebruik rooi voedsel “glitter” en borsel die sjokolade daarmee.
Plaas die sjokolade in die yskas tot goed koud.
Verwyder versigtig en plaas op die tert.
Resep en foto: Johann Barnard