Your Recipe Blog

DAWIE SE ROMERIGE HOENDER-EN-SAMPIOENPOT

DAWIE SE ROMERIGE HOENDER-EN-SAMPIOENPOT 

  • 8 hoenderstukke (boudjies en dytjies)
  • 1 pakkie hoenderroomsoppoeier
  • 1 koppie water
  • 1 ui, gekap
  • 1 teeleppel vars knoffel, fyngekap (of knoffelvlokkies)
  • 1 koppie vars room
  • 1 pakkie vars sampioene
  • 1 aartappel (of meer indien verkies) 

Braai die ui en knoffel saam tot deurskynend.
Voeg die hoender by en braai tot bruin.
Voeg die aartappel by kook tot dit gaar is.
Voeg die sampioene en die room by en kook met die deksel af totdat die room deurgekook is.
Voeg die soppoeier by wat aangemaak is met bietjie water tot ‘n pasta.
Kook tot dit alles dik raak met die pot se deksel af.
Geniet met rys of stywe mieliepap.

Foto en resep: Dawie Rontgen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page