Your Recipe Blog

DAIRYBELLE SE KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER

Cook: 1 uur

DAIRYBELLE SE KARRINGMELKBESKUIT MET KLAPPER

Die beste en naaste aan egte karingmelkbeskuit. Ek gebruik die resep wat op die DairyBelle boksie se sykant verskyn.

  • 240 g klapper (3 x 250 ml)
  • 2 kg bruismeel
  • 600 g suiker (3 x 250 ml)
  • 10 ml sout
  • 500 g botter
  • 3 eiers
  • 2 x 500 ml karringmelk

Sif die bruismeel, suiker en sout saam in ‘n mengbak en roer die klapper by die meelmengsel.
Vryf die botter by die droë bestanddele in, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Klits die eiers en karringmelk saam, giet dit by die meelmengsel en sny dit in die mengsel in en knie die deeg deeglik deur.
Vorm die deeg in klein bolletjies en pak dit langs mekaar in voorbereide swart oondpan.
Die bolletjies moet ⅔ van die hoogte van die pan wees.
Bak die beskuit in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 1 uur.
Keer die gaar beskuit uit op ‘n afkoelrak, bedek en laat dit heeltemal afkoel.
Breek die beskuit in individuele beskuitjies en pak dit op bakplate.
Droog die beskuit uit in die oond teen 100°C of minder, totdat dit heeltemal droog is.

Nota:
Die resep kan halveer word, dit werk goed. Ek gebruik melk ipv karringmelk. Die klapper gee die beskuit ‘n lekker smaak, dit proe nie na klapper nie.

Notas vir ‘n sterker karringmelk smaak:
Marina van Zyl:
Ek bak karringmelkbeskuit, maar dit proe nie “karringmelk genoeg” nie. Ek weet nie of dit sin maak nie? Enige idees?
Isabel Dames Tupper:
Ek weet net 1 ding, as kind op die plaas het ons karringmelk nog klein stukkies botter ingehad en daardie beskuit het eenvoudig net ryker en lekkerder gesmaak.
Amanda Scholtz Mostert:
Al wanneer die beskuit regtig na karringmelk smaak, is wanneer jy by ‘n boer in die omgewing wat botter maak, regte egte karringmelk kan kry.
Riana Vd Heever Walters:
Ek gebruik helfte room en helfte amazi in my beskuit. Ek voegk 15 ml asyn by, al is daar nie klapper in die resep nie, voeg ek klapper by en 5 ml karamel geursel. Dit laat ruik die beskuit net anders.
Ane En Okkie Brits:
Bak met volroom maas. Karringmelk (aangesuurde melk) het nie smaak nie, het ek gevind.

Resep getoets en foto: Carina Vermeulen Bothma

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page