Your Recipe Blog

DADELVINGERS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 20

DADELVINGERS

Maak ontrent 20 blokkies, maar omdat dit so lekker is, maak gerus die resep dubbeld aan, want hulle gaan verdwyn van die bord af.

  • 250 g botter of margarien
  • 250 ml suiker
  • 500 g dadels, fyn gekap
  • 1 eier, goed geklits
  • 100 g (125 ml) groen glanskersies
  • 100 g (125 ml) rooi glanskersies
  • 1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
  • klapper, om oor te strooi

Smeer ‘n koekpan van 26 x 16 cm.
Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is.
Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.
Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af.
Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ‘n glas vas.
Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel.
Sny in vingers van 3 x 6 cm.

Foto : Nathalie Jessica Koekemoer- Groot

Nota:
Dadel weer met ‘n twist!!
Ek het die kersies vervang met neute, gedroogde mango en papaja stukkies!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page