Your Recipe Blog

DADELGEMMERKOEK

Recipe by
Cook: 35 minutes | Servings: 16 pieces

DADELGEMMERKOEK

  • 125 g botter
  • 150 g rofweg gekapte ontpitte dadels
  • ¾ koppie wit suiker
  • 125 g fyn gekapte versuikerde gemmer
  • 1 koppie water
  • ¼ teelepel sout
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 eier
  • 1½ koppies bruismeel
  • 1 eetlepel gemmerpoeier, opsioneel
  • dadels en botter, opsioneel
  • roomys, opsioneel
  • gemmerstroop, opsioneel

Voorverhit oond tot 180°C.
Berei ‘n 20cm vierkantige koekpan voor met botter en bakpapier.
In ‘n medium grootte kastrol bring die volgende bestanddele tot kookpunt: die botter, dadels, wit suiker, versuikerde gemmer, koppie water en sout.
Verlaag die hitte sodra die mengsel begin kook en prut vir twee minute.
Verwyder van die hitte en roer die koeksoda by.
Dit sal baie skuim.
Giet mengsel oor in ‘n bak en laat afkoel vir 15 minute.
Klop die eier en voeg dit by die dadelmengsel en roer deeglik.
Voeg die bruismeel en opsionele gemmer poeier by, as jy dit gebruik,en vou in.
Giet in ‘n koekpan en bak vir ongeveer 35 minute, totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat in die pan afkoel vir 10 minute en keer uit op ‘n draadrak.
Laat afkoel en sny in blokkies of skyfies (in Engels, “bars”) minimum 16 porsies.
Eet net so want dit is nie baie soet nie of saam met dadel botter en stroop.

Dadelbotter:
Om dadel botter te maak verwerk 50/50 dadels en botter  – of gebruik eie oordele afhangende van hoe soet die dadels is – in ‘n voedselverwerker tot fyn.
Rol die dadelbotter in ‘n rol in kleefplastiek en laat stol in die yskas tot benodig.
Skyfies is ideal vir kinders se kosblikke.

Nota:
Die blokkies kan ook in botter gebraai word in ‘n pan en voorgesit word saam met roomys en gemmer stroop vir nagereg.

Resep getoets en fotos: Amanda Cook

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page