Your Recipe Blog

DADEL EN CHOC CHIP TERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

DADEL EN CHOC CHIP TERTJIES

  • 375 ml koekmeel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 3 ml bakpoeier
  • 2 ml koeksoda
  • 2 ml sout
  • 180 ml sagte botter of margarien en 20 ml kookolie, gemeng
  • 160 ml sagte bruinsuiker
  • 1 ekstra-groot eier
  • 350 ml fyn gesnipperde dadels
  • 50 ml choc chips
  • Stroop:
  • 100 ml kookwater
  • 20 ml botter
  • 150 ml suiker
  • 80 ml brandewyn

Voorverhit oond tot 200 °C en spuit 7 ramekin bakkies met Spray and Cook.
Sif meel, gemmer, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Verroom botter/oliemengsel en suiker tot donsig en voeg eier by. Meng die meelmengsel by. Klits goed.
Roer dadelstukkies en choc chip by.
Verdeel beslag tussen bakkies en bak vir 30 – 40 minute tot gaar.

Terwyl tertjies bak, berei stroop voor:
Verhit al die bestanddele, behalwe brandewyn, tot kookpunt en laat prut vir vyf minute.
Verwyder van hitte en voeg brandewyn by.
Skep twee eetlepels warm stroop oor elke tertjie sodra dit uit oond kom.
Laat ‘n rukkie staan, keer die tertjies uit en skep die res van die stroop oor die onderkante van die tertjies.
Sit louwarm voor met geklopte room, vla of roomys.

Nota:
Indien die deeg bietjie te droog is, voeg maar bietjie melk by, maar dit is ‘n redelike dik deeg.
Baie lekker!!!-

Foto en resep aangepas: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page