CREMORATERT MET YSWATER
Resep vir Cremoratert soos ek dit vir jare al maak. Ek weet daar is die een met kook water, maar die resep werk vir my 🙂
- 500 g Cremorapoeier
- 250 ml (1 koppie) yswater
- 2 blikke (285 g elk) kondensmelk
- 250 ml (1 koppie) suurlemoensap, ek het vars gebruik
- 1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
Plaas die Cremora in ’n mengbak en voeg die yswater by.
Klits goed en voeg die kondensmelk by. Hou aan klits tot die mengsel glad is.
Voeg die suurlemoensap bietjie vir bietjie by tot al die suurlemoensap bygemeng is en die mengsel verdik het.
Voer die basis van ’n tertbak van 24 cm met die beskuitjies uit. Hou ’n paar beskuitjies eenkant.
Skep die vulsel oor die beskuitjies.
Druk die ekstra beskuitjies fyn en strooi dit bo-oor die vulsel. (Ek het sommer sjokolade ook oorgestrooi)
Plaas minstens 1 uur in die yskas en bedien.
Resep geplaas deur Iandra Christien Maré
Foto’s: Iandra Christien Maré
Nota:
Cathy Visagie
Ek vervang die 1 blik kondensmelk met ‘n blik “crushed pineapple”, baie lekker.
Driena Botha
Add in a can of caramel and crushed Peppermint Crisp and you have a delicious tart.