Your Recipe Blog

CREMORATERT MET VARIASIES

CREMORATERT MET VARIASIES

  • 250 g Cremora
  • 125 ml kookwater
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 6 eetlepels botter, gesmelt

Maak die koekies fyn en meng met die botter. Druk die botterkrummels vas onder in ‘n groot genoeg tertbak.
Klits die Cremora en kookwater saam in ‘n mengbak vir 2 min.
Voeg die kondensmelk by die geklitsde Cremora en klits nog 2 min.
Voeg die suurlemoensap by en klits totdat die mengsel dik word (dis vinnig).
Skep die vulsel oor die kors in die tertbak en versier die tert volgens eie keuse, ek het verglansde kersies bo-op gepak.
Plaas die tert in die yskas totdat dit gestol is.

Variasie:
Jy kan ‘n blikkie “crushed” pynappel of granadilla pulp byvoeg vir ‘n ander variasie.

Melissa Butler:
Ek het pynappelringe bo-op die tert geplaas. Party mense roer fyn pynappel in die vulsel.

Resep getoets en fotos: Renette Greyling

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page