CREMORATERT MET GRANADILLA- EN
APPELLIEFIEBOLAAG
- 2 koppies Cemora- / Ellis Brownmelkpoeier
- 1 ½ koppie warm water
- 1 blik kondensmelk, oornag in yskas geplaas
- 125 ml suurlemoensap
- Tennisbeskuitjies
- Bolaag:
- 10 ryp granadillas se pulp / 2 blikkies granadilla
- 10 appelliefies, halveer
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
- 1 eetlepel Maizena, aangemaak met bietjie water
Meng die bolaag se bestanddele, behalwe die Maizenapasta in ‘n potjie en kook op die stoofplaat vir 5 min. Verdik die mengsel met die Maizenapasta, verwyder die mengsel van die stoof en laat dit afkoel tot koud.
Maak die melkpoeier aan met die warmwater en plaas eenkant om af te koel.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord.
Voeg die kondensmelk by die afgekoelde melkmengsel en klits vir 5 min met ‘n klitser tot styf en plooie in die melkmengsel vorm.
Voeg die suurlemoensap by die melkmengsel en klits goed deur.
Skep die vulsel op die beskuitjies en smeer glad.
Giet die afgekoelde bolaag oor die cremoramengsel en smeer die bolaag gelyk.
Bedek die tert met kleefplastiek en verkoel in yskas. Geniet.
Resep en foto: Annatjie Maritz Joubert