CREMONATERT
“TIP – plaas jou kondensmelk aand voor die tyd in yskas. Geniet.”
- 2 koppies Cremora poeier
- 1 koppie yskaswater
- ½ koppie suurlemoensap
- 1 blik kondensmelk
- 1 pak Tennisbeskuitjies
Bespuit ‘n tertbak, doop die Tennisbeskuitjies een-vir-een vinnig in water (dit laat die beskuitjies beter kleef aan die rante van die tertbak) en plaas die beskuitjies onder en aan die kante van die bak.
Klits die Cremora en yskaswater tot goed gemeng. Voeg die kondensmelk by en klits dit goed.
Voeg die suurlemoensap by en klits. Indien die mengsel meer styf verkies word, voeg ekstra suurlemoensap by.
Versprei die mengsel oor die laag beskuitjies in die bak en krummel beskuitjies bo- oor en verkoel die tert oornag.
Resep en foto: Christa Naude