COWBOY KOS MET “BAKED BEANS”
Ek het die naweek iets anders gemaak. Die Amerikaners noem dit ‘Chili’, in ons huis noem ons dit sommer Cowboy kos. Baie eenvoudig, baie lekker en ‘n randrekker.
- 1 ui, gekap
- 500 g maalvleis
- 1 blik Baked Beans (ek het lite gebruik)
- 1 blik Black Beans, enige twee boontjies van jou keuse
- 1 blik tamaties met die sous, gekap
- ± 3 eetlepels tamatie puree
- 3 teelepels Hoisan sous
Soteer die ui in bietjie olie en voeg die maalvleis by.
Braai tot die maalvleis amper gaar is, sit sout en speserye na smaak by.
Ek het net swart peper en BBQ speserye gebruik en knoffel.
Voeg die baked beans, black beans en tamaties by en laat prut vir half uur.
Nota:
Die sous word nie vreeslik dik nie. Ek het dit Vrydag aand gemaak vir Saterdag ontbyt. Die smaak het verbeter hoe langer dit gerus het.
Martin van Vuuren – As jy sous wil dikker hê, liquidize blikkie tamatie boontjies met blikkie tamaties. Probeer sal baie bly wees. Gebruik selfde metode met spaghetti Bolognese.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira