COUSCOUS-SLAAI
- 2 koppies couscous
- groenteaftreksel gemeng met 2 koppies kookwater
- 1 ui, gekap
- 1 groen, rooi en geel soetrissies, in blokkies gesny
- 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
- 4 eetlepel botter
- 10 ml droë basiliekruid of Italiaanse kruie
- 2 wieletjies Fetakaas in blokkies gesny
- sout en peper na smaak
- 250 g gebraaide spek, opsioneel
Giet kookwater oor couscous, maak dig toe en laat staan tot die couscous reg is.
Braai botterskorsie in botter tot sag.
Voeg uie, groen-, rooi- en geel soetrissies en kruie by en braai tot sag.
Laat alles heeltemal afkoel.
Meng Fetakaas by.
Voeg sout en peper na smaak by.
Meng alles saam met die couscous.
Bedien soos verkies.
Heerlik saam met braaivleis.
Resep en foto: Rianca Kruis