CIABATTA VAN AARTAPPELSUURDEEG
“Dis ‘n twee-dag projek. En jy het ‘n broodbak masjien nodig om die brood te bak, want die deeg is slap.”
- Dag 1:
- 2 koppies aartappelsuurdeeg plantjie
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels suiker
- 2 koppies koekmeel
- Dag 2:
- 2½ koppies koekmeel
- 200 ml gisplantjie
- 2 eetlepels suiker
- bietjie sout
Dag 1:
Meng alles tot glad met ‘n draadklitser. Bedek bak en laat 24 uur staan.
Dag 2:
Voeg dag twee se bestanddele by die dag een mengsel. Klop met elektriese menger met die K-klitser tot die deeg los van die kante kom en verander dan na die deeghaak. Knie met die deeghaak tot deeg glad en elasties is en glad nie meer aan die bodem van die bak kleef nie. Besprinkel ‘n vel silikonpapier kwistig met meel. Krap die deeg uit op die papier en verdeel in twee. Besprinkel weer goed met meel. Laat 45 minute staan. Met behulp van ‘n skraper, vou deeg een maal bo-op homself. Laat weer 45 minute staan. Herhaal en laat weer 45 minute staan. Voorverhit oond na warmste hittegraad met ‘n bakplaat in oond.
Sny die silikonpapier los van mekaar in twee dele en besprinkel die brode met water. Wanneer oond op volle hitte is, sit brood op papier op die warm bakplaat en verlaag die hitte na 230 °C. Bak ongeveer 30 minute.
Resep en fotos: Frikkie Jones