Your Recipe Blog

CIABATTA BROOD

Recipe by
Cook: 20 minute

CIABATTA BROOD

Resep en foto: Keith Trueman
“Hi almal. Ciabatta brood gebak baie lekker gewees.

  • 500 g witbroodmeel (2 koppies is nie 500 g nie, weeg eerder)
  • 1 eetlepel suiker
  • 2 teelepels sout
  • 1 pakkie kitsgis (pers een gebruik)
  • 500 ml louwater
  • Meng kitsgis met louwater.
  • Plaas al die ander droë bestanddele in mengerbak.
  • Meng watermengsel en droë bestanddele met elektriese menger vir 10 minute (volspoed).
  • Plaas mengbak op warm plek vir een uur, bedek met nat vadoek.
  • Skep versigtig uit op ‘n bakplaat wat met meel bestrooi is.
  • Vorm die deeg liggies met die hand, maar moenie te veel vorm nie.
  • Bak teen 200 °C vir 20 minute.
  • Variasie:
  • Indien jy olywe en rissie wil byvoeg, na die 10 min meng, keer uit op houtbord en deel in twee.
    Plaas die een helfte op ‘n meelbestrooide bakplaat.
  • Die ander helfte voeg jy olywe en rissies by en meng weer in menger vir 2 minute. Keer uit op dieselfde pan waarop die ander helfte is.
  • Volg die res van die resep soos bo.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page