CIABATTA BROOD
Resep en foto: Keith Trueman
“Hi almal. Ciabatta brood gebak baie lekker gewees.
- 500 g witbroodmeel (2 koppies is nie 500 g nie weeg eerder)
- 1 eetlepel suiker
- 2 teelepels sout.
- 1 pakkie kitsgis (pers een gebruik)
- 500 ml louwater
- Meng kitsgis met louwater.
- Plaas al die ander droë bestanddele in mengerbak.
- Meng watermengsel en droë bestanddele met elektriese menger vir 10 minute (volspoed).
- Plaas mengbak op warm plek vir een uur, bedek met nat vadoek.
- Skep versigtig uit op ‘n bakplaat wat met meel bestrooi is.
- Vorm die deegliggies met die hand, maar moenie te veel vorm nie.
- Bak teen 200 °C vir 20 minute.
Category:












