CHRISSIE SE ASYNPOEDING IN DIE MIKROGOLF
Lekker vinnige poeding, Ek het nie appelkooskonfyt gehad nie en sommer bietjie heuning bygesit. Ek het ook minder koeksoda gebruik, so dalk sal die poeding bietjie donkerder wees as dit gebruik word soos resep sê.
- Vir die sous:
- 200 ml suiker
- 100 ml melk
- 100 ml kookwater
- 50 g (60 ml) botter
- 5 ml vanilla geursel
- Vir die deeg:
- 1 eier
- 125 ml suiker
- 300 ml koekmeel
- 25 ml appelkooskonfyt
- 15 ml asyn
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 200 ml melk
- knippie sout
Meng bestanddele vir sous en mikrogolf vir 3 min op volle krag roer tot suiker opgelos het, hou eenkant.
Room eier en suiker. Voeg meel, konfyt, asyn, bakpoeier en sout by. Los die koeksoda in melk op en voeg by. Meng tot die mengsel glad is.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde bak van 20 cm x 9 cm diep. Giet die sous versigtig oor die deeg oor die agterkant van ‘n lepel.
Mikrogolf vir 15 minute teen 50% krag.
Bedien met vla.
Resep geplaas deur Kobus Theunissen
Foto: Louise Groenewald