Your Recipe Blog

CHIFFONKOEK

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 1 dubbellaag koek

CHIFFONKOEK

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 4 eiers, geskei
  • 1 koppie witsuiker
  • 1 koppie melk
  • 125 g margarien (Stork Bake)
  • 5 ml vanilla geursel

Verhit die margarien en melk tot die margarien gesmelt is en plaas eenkant.
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam en plaas eenkant.
Klop die eiergeel en suiker tot lig en donsig.
Voeg die meelmengsel, vanilla en melkmengsel by die eier- en suikermengsel en klits tot net gemeng.
Klits die eierwitte tot styf en vou die eierwitte by die deeg- en eiermengsel in.
Verdeel die beslag in 2 x 22 cm, voorbereide koekpanne.
Plaas die panne in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC en bak vir 40 minute of tot gaar.
Keer uit op afkoel rakkie en laat heeltemal afkoel, versier soos verkies.

  • Versiersel:
  • 150 g sagte botter
  • 450 g versiersuiker
  • 10 ml warm melk
  • 5 ml vanilla geursel

Klits botter tot romerig. Sit versiersuiker geleidelik by terwyl aanhoudend geklits word.
Voeg vanilla en melk by en klits tot romerig.
Plaas ‘n kwart van die versiersel op een koeklaag, sit ander laag op en versier bo-op soos verkies

Resep en foto: Bernadette Moses

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page