CHEESE STRATA
Heerlike ontbyt gereg wat die vorige aand berei, en dan net die volgende oggend gebak word. Die gereg kan ook maklik verdubbel word.
- 8 snye witbrood, korsies afgesny
- 250 gr gerasperde cheddar kaas (2 ½ koppies)
- 4 eiers, effens geklits
- 625 ml melk (2 ½ koppies)
- 5 ml sout
- ¼ teelepel mosterdpoeier
Maak toe met kleefplastiek en verkoel oornag of vir ten minste 6 ure.
Plaas die bak met die gereg in ‘n oondpan met water.
Bak in die waterbad vir 1 uur teen 160° C.
Foto en resep: Tosca de Villiers