Your Recipe Blog

CHARLEEN SE SKAAPKERRIE

CHARLEEN SE SKAAPKERRIE

  • 1 kg skaapvleis, gesny in blokkies
  • 1 ui, gekap
  • 3 eetlepels Rajah kerriepoeier
  • 1 eetlepel Garam masala
  • 1 eetlepel chilli poeier
  • ½ teelepel Jeera sade
  • 2 eetlepels borrie
  • 1 eetlepel flavour seeds (mengsel van koljander, mosterd en komyn (cumin) sade)
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel vars knoffel, gekerf
  • ½ teelepel vars gemmer, gekerf
  • ghee of olie
  • 1 eetlepel tamatiepasta
  • 1 blik heel tamaties
  • kerrie blare
  • koljander blare

Braai uie in ghee of olie. Sit die vleis by en braai tot bruin.
Plaas al die spesery poeiers en knoffel by. Roer goed deur en braai vir so 5 minute.
Voeg so eetlepel tamatiepasta en blik heel tamaties by.
Breek die heel tamaties op.
Giet ‘n beker kookwater by en roer deur.
Laat prut tot vleis begin versag.
Voeg groente soos aartappel, wortels of van jou keuse by en prut tot groente gaar is.
Geniet met geelrys of in ‘n bunnychow.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Category:

One Review

  1. Richard McKnight

    Uitstekend! My gesin was mal daaroor. Geurig, met ‘n lekker byt, balans tussen vog en geheel is perfek.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page