CECILIA SE PATATTERT
- 125 g botter
- 200 ml bruin suiker
- 3 eiers
- 5 ml vanilje geursel
- 750 ml geskilde, gaar gestoomde oranje patats (geen waterigheid)
- 250 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 5 – 10 ml gemengde speserye (hoeveelheid hang van jou smaak af)
- 2 ml sout
- kaneelsuiker vir wanneer tert uit die oond kom
Voorverhit oond tot 180°C.
Smeer 25 cm tertbak met botter.
Verroom botter en suiker saam.
Klits eiers een vir een by en meng goed.
Voeg vanilje geursel en patats by en meng goed.
Sif al die droë bestandele saam en vou in die patat mengsel in.
Giet in tertbord in en bak 40min of tot gaar.
Sprinkel kaneelsuiker oor as die tert warm uit die oond kom.
Bedien warm of koud. Saam met braaivleis of lekker genoeg om as koek te bedien.
Resep en foto: Cecilia Richards
Baie lekker en baie maklik