BYKOSSE VIR PLANKIEBRAAI
Marlé van Zyl:
Hi almal, ons beplan ‘n plankie braai, maar ek soek graag ‘n paar idees vir bykosse wat met die vingers geëet kan word, ons maak klaar roosterkoek.
PLANKIEBRAAI:
Vleis word gebraai, bv steak, op ‘n houtplank gesit en gesny in stukkies en elkeen neem daarvan.
Dit kan ook oor die loop van die braaityd afgewissel word met wors, klein sosaties. Elke soort vleis word geëet soos dit van die rooster afkom.
Desire Potgieter:
In die Kaap is dit die in ding. Almal kuier lekker en soos die kos van die vuur af kom eet almal so stuk stuk. Vinger ete maar in braai vorm.
Valerie Lennox:
My late hubby used to make me this…tinned mussels wrapped in bacon and put on the braai.
BYKOSSE:
Dominique Du Toit:
Op die vuur gemaak in ‘n foelie bakkie en bedien met tandestokkies:
* Klein snack paprika gevul met salami, kaas en creamed spinach.
* Sampioene gevul met knoffel room kaas.
* Courgette gevul met bacon jam, in stukkies gesny.
Elize Fritz:
Pap balletjies. 😁
Linda Esterhuizen:
Mielies
Simone Keefer:
Slaai op ‘n stokkie, klein tamaties, stukkie komkommer, cocktail uitjies, stukkie kaas en ‘n stukkie blaarslaai.
Ina Dreyer:
Klein groente sosaties
Frances Van Niekerk:
– Put puff pastry in muffin tin to form a flat cup. Bake. Fill it with creamed spinach.
– Roast mini patty pans, baby marrows, custard pumpkins, broccoli florets, baby carrots in oven with honey on.
– Small baby potatoes on skewer stick wrapped in bacon.
– Grilled pineapple slices with chilli.
Petro van der Merwe:
Baba aartappels, baba komkommers, baba mielies.
Hanelize Robinson:
Pap balletjies (soos frikkadelle) met ‘n sheba dit?
Runette Geyser Hamilton:
Crumbed mushrooms.
Pam Roux:
Heel klein saggekookte beet met fetakaas.
Marsha Jansen:
Tandestokkie slaai – ryg stokkie met bv. Kersie tamatie, komkommer, feta, olyf, pynappel – enige iets waarvan julle hou op.
Hanna Steyn:
Ek het ‘n oulike skoonsus. Sy het klein blik bekers. Sy bak skyfies. Sit in die bekers en gee vir ons om te eet. Dis lekker.
Sy het ‘n pasta slaai gemaak ook in bekers bedien. Teelepel in beker met pasta slaai. Klein plastiese teelepels. Dis anders en lekker.
Nagereg in klen plastiese bakkies of bekers. Peppermint tert of. Jellie onder in met stukkies vrugte in. Dan bo-op koekie krummels en laaste vla met kersie bo. Jy kan Cremora tert ook in bakkies maak vir nagereg.
Rina Kleinhans
Ook lekker is klein bakkies souse en lekker broodjies, klein opgesny.
Althea Wilson
Peper- en sampioensous, knoffelbroodjie of die lang franse brode opgesny.
Anchen Kobus
Mielies, ribs, aartappelwiggies, gebreekte aartappels wat in oond gebak is tot “crispy”, gevulde sampioene, groentesosaties, croquette.
Linda Annelene Starbuck
‘n Broodjie is altyd lekker, koop lang franse brood, sny in skyfies, smeer met botter en rooster (in lugbraaier), plaas tamatieskywe, basilikruid en bietjie gerasperde mozzarellakaas op die broodjie.
Charmaine Swart
Ek sit 3 soorte konfyte met botter en 3 soorte brood, klaar gesny, met kaas op die tafel, dit werk lekker by my.
Alta van der Merwe
Knoffel en kaas broodbolletjies is altyd ‘n treffer by ons.
Dionné Page Olivier
Wat van lekker gebraaide heel knopiesampioene met knoffel en speserye van jou keuse, sit net tandestokkies by om op te tel.
Jy kan ook vooraf ‘n klomp heel knoffeltoontjies (afgeskil) in jou oond bak (bedek met olie, sout en roosmaryntakkie), bedien dit met kraakvars Ciabattabrood, smeer die knoffel soos botter op die broodjie, heerlik!
Hettie Jansen
Verskillende kleure kersietamaties in ‘n pan. Breek feta kaas oor en heel knoffel huisies, giet genoeg olyfolie, sout en growwepeper oor. Bak in die oond tot gaar. Eet saam Ciabattabrood en plankie steak.
Nadine Jordan-Deysel
Knopiesampioene opgeryg op sosatiestokkies, verf dit met Spur se BBQ sous en bak in die oond tot net gaar.
Heibre van der Westhuizen
Lekker tuisgemaakte roosterkoeke.
Danest Cronje
Breek gaar mielies in 3 happiegrootte stukke en bedien met botter en Aromat.
Sny ‘n bol knoffel, ongeskil, net die punte af, gesmeer met botter en bak in die oond tot gaar en mooi bruin, een vir elke persoon. Bedien met stukkies brood of klein rolletjies.
- MIELIEKOEKIES – Amanda Cook
- 2 koppies mieliepitte
- ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel gerookte paprika
- 1 eier
- 1 fyngekapte sprietui
- ½ koppie gerasperde kaas
- handvol gekapte koljander blare
- skeut lemmetjie- of suurlemoensap
- sout en peper na smaak
Maak ‘n beslag met l die bestnddele, voeg bietjie water by indien die beslag te droog is.
Braai lepelsvol in ‘n warm pan met vlak olie (druk mooi plat om koekies / “patties” te vorm) tot bruin aan die buitekant en deurgaar, ongeveer 4 minute aan ‘n kant.
Bedien met suurroom en ekstra gekapte koljander blare.
Genoeg vir 4 persone.
Wilna Coetzee
Ringe komkommer met maaskaas en kersietamaties bo op.
Jaco Rossouw
Maak stywe pap, plaas dit oor in ‘n koekiepan, druk die pap gelyk in die pan en laat afkoel. Sny die afgekoelde pap in blokkies, diepbraai die papblokkies in warm olie en bedien met Aromat oor gespinkel.
Frances Van Niekerk
Roasted cauliflower and broccoli florets, sprinkled with paprika spice.
Foto van slaaistokkies: Hettie Gouws Stoltz