Your Recipe Blog

BURGER PASTEIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 minute

BURGER PASTEIE

Ek en my dierbare vroulief het hierdie burger pasteie gemaak. Dit was heeeerlik gewees.
Hier is wat ons gemaak het:

  • Burger Patties:
  • 500 g maalvleis
  • 50 ml Worchestersous
  • 2 eetlepels bruinuie soppoeier
  • 2 teelepels gemengde speserye
  • 1 teelepel fyn koljander
  • 1 teelepel komyn
  • 1 gerasperde ui
  • sout en pepper na smaak
  • 1 eetlepel olyf olie
  • 1 eier, geklits
  • 4 snye witbrood, in blokkies gesny (sonder korsies)
  • ¼ koppie melk
  • Deeg:
  • 1 rol “Today” skilferkorsdeeg
  • Ekstra:
  • Mayonnaise of tamatiesous
  • gerasperde- of skywe kaas
  • melk om oor te verf

Laat lê die brood in die melk. Meng die Worchestersous, olyf olie en eier by. Meng die maalvleis saam met die ui en speserye en daarna saam met die broodblokkies.
Maak patties so groot soos jy verkies. Braai hulle in ‘n bietjie olie in ‘n pan tot mooi bruin. Laat die patties afkoel.
Voorverhit die oond op 180°C.
Rol die skilferkorsdeeg uit.
Sny sirkels wat effens groter as jou pattie is uit die deeg uit, twee sirkels vir elke burger pastei.
Ons het sommer ‘n poeding bakkie gebruik om die sirkelvorm uit te druk op die deeg.
Plaas die eerste sirkels in ‘n voorbereide oondpan.
Smeer die deeg met Mayonnaise of tamatiesous en sit die pattie bo-op.
Bedek die pattie met kaas en sit die volgende laag deeg bo-op. Druk die kante mooi styf toe.
Smeer bietjie melk bo-op sodat dit goudbruin kan bak in die oond.
Bak ongeveer 15 – 20 min, afhangende van die oond. Hoe dop tot dit goudbruin lyk.

Resep en foto: Phil Kloppers

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page