Your Recipe Blog

BULGUR KORINGSLAAI

BULGUR KORINGSLAAI

My sus het onlangs hierdie “Bulgar Wheat” slaai bedien. Sy het die resep soos volg vir my gestuur:

  • Bulgur koring
  • roketblare
  • 1 blik pitmielies, gedreineer (410 g)
  • 1 blik swart bone, gedreineer (410 g)
  • seldery, fyn gesny
  • klein wortel stokkies
  • fyngekapte ui
  • vars koriander
  • Voor bediening:
  • kersie tamaties
  • Feta kaas
  • slaaisous

Berei jou Bulgur koring voor soos op die pakkie aangedui.
Voer ‘n mooi slaaibak uit met roketblare.
Meng  al die groente en die blikkies mielies en -bone saam.
Voeg sout en swart peper by na smaak.
Roer die slaai liggies deur  en skep op die roketblare.
Voeg laaste kersie tamaties wat in die helfte gesny is, by.
Krummel Feta kaas oor die mengsel.
Sprinkel slaaisous van jou keuse oor.

Nota:
Sy het ‘n pomegrade slaaisous van ‘n bekende maak gebruik.
Indien jy die slaai klammer wil hê kan jy olyfolie bo-oor gooi.

Resep: Jakkie Fourie
Geplaas deur en foto: Liesie Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page