Your Recipe Blog

BRUIN GEMMERBROOD

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute | Servings: 1 brood

BRUIN GEMMERBROOD

  • 500 ml bruin broodmeel
  • 3 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml gemmer
  • 5 ml kaneel
  • 125 ml botter of margarien
  • 125 ml stooisuiker
  • 1 ekstra groot eier
  • 125 ml goue stroop, lou gemaak
  • 125 ml kookwater

Stel oond op 180°C en bespuit ‘n broodpan (22 x 11 x 7 cm) met kleefwerende kossproei.
Sif die meel, sout, koeksoda, gemmer en kaneel saam. (Voeg die meel wat oorbly in sif ook in die bak, alles sif nie deur nie).
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eier en stroop by en klits goed.
Voeg droë bestanddele om die beurt met kookwater by en meng goed.
Skep in pan en bak 40 – 45 min lank tot toetspen skoon uitkom.

Foto en resep:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5