Your Recipe Blog

BRöTCHEN

BRöTCHEN (Duitse Brood Rolletjies)

FRANS SE BRöTCHENS
My standaard witbrood resep.

  • Meng saam:
  • 6 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • Meng die volgende apart saam:
  • 450 ml louwarm water
  • 50 ml olie
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 pakkie kitsgis
  • 3 eierwitte, geklits
  • ekstra eierwit vir oorverf

Laat die gismengsel staan tot dit skuim, meng met meelmengsel en knie.
Laat rys tot volume verdubbel en knie weer af.
Vorm 12 ovaal rolletjies en laat rys vir so halfuur op gesmeerde plaat.
Maak ‘n snit met skerp gesmeerde mes en verf met eierwit wat met 1 eetlepel water gemeng is.
Bak teen 180 ºC tot goudbruin, so 25 min.

Nota en belangrik:
Wanneer jy die oond aan,skakel plaas ‘n bakkie met water onder in die oond, die stoom maak die broodjies”chewy” soos ‘n egte brötchen moet wees.

Resep en foto:  Frans Odendaal

BROTCHEN

  • 2 ½ tot 3 koppies koekmeel
  • 1 pakkie aktiewe droë gis
  • 1 teelepel suiker
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel olie
  • 1 koppie warm water
  • 1 eierwit, geklits
  • ekstra eierwit, vir oorverf

Plaas 2 ½ koppies meel in ‘n groot bak en vorm ‘n gat in die middel. Meng gis, suiker en twee eetlepels water in ‘n aparte houer. Giet die gismengsel in die gat, maar dit mag nie meng met die meel nie. Bedek die bak met ‘n lap en sit eenkant vir 15 min in  ‘n warm plek.
Voeg die oorblywende water en olie  en eierwit by en klits tot dit gemeng is. Draai deeg uit op toonbank en knie tot glad. Voeg die oorblywende ½ koppie meel by indien nodig. Sit deeg in ‘n bak, bedek en laat dit rys tot dubbel in grootte. Verdeel die deeg in 12 dele.
Vorm in ovaalrolletjies en plaas 8 cm uitmekaar op ‘n gesmeerde bakpapier. Bedek en laat rys tot dubbel in grootte. Klits eierwit en 1 teelepel water met ‘n vurk tot glad en borsel op die rolle.
Bak 15 tot 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 230 °C tot goudbruin.

Resep bron onbekend
Tweede foto: Liezlle Louw
Ek het die bogenoemde resep gebruik en dit effens aangepas. Ek het dit in slangetjies gerol en met koekroller plat gerol. ‘n Blikkie van Pick n Pay se “Indian tomato and onion mix” op die stoof gekook (om die meeste water af te kook) en tamatiepasta bygevoeg om dit suurder te maak. Toe elke degie met die mengsel gesmeer en dit opgerol. Dis gebak vir 25 min op 180°C.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page