Your Recipe Blog

BROSGEBRAAIDE SPEK BROODROLLE

BROSGEBRAAIDE SPEK BROODROLLE

  • 500 g spekrepies met vet
  • 6 lang broodjies (hotdog buns)
  • 2 medium tamaties, in skywe gesny
  • 3 medium uie, in ringe sny
  • 1 klein geel pynappel, afgeskil en in dun skyfies gesny
  • blaarslaai

Voer ‘n bakplaat uit met foelie (dit maak die skoonmaakproses later maklik en vang die spek se vet op as jy aartappels in dit wil uitbraai.)
Plaas die spekrepies op’ n draadrakkie op die bakplaat en braai uit (10 na 15 min afhangend van oond se hitte en dikte van spek) tot bros.

Voeg die uieringe in ‘n “non-stick” pan en braai tot sag en bruin met bietjie aromat of sout en peper volgens smaak.
Ek het geen olie gebruik nie, die uie braai in hul eie sap en suiker.
Die spek is ook sout, so pasop vir te veel sout by uie voeg.

Sny rolle oop en smeer die broodrolle met botter, pak slaai in, dan tamatieskywe, gebraaide uie en pynappel soveel soos verkies. Breek die bros spek in stukke en voeg tussen die uie ens. in en laaste nog bo-op.

Nota:
Ek het dit bedien op my skorsie-wenbak. Dankie oom Gideon Louw, ek gebruik my bak te lekker.

Resep en foto: Christlle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page