BROODSLAAI ALA ANSONIA
Ek het die kondensmelk vervang met jogurt en heuning as ‘n gesonder opsie.
- 2 teelepels mosterd poeier
- 1 teelepel sout
- ½ teelepel peper
- 2 eiers, geklits
- ½ koppie gesmelte botter
- 25 ml asyn
- 1 koppie plain jogurt
- heuning na smaak (3 eetlepels?)
- Slaai:
- 1 brood, in blokkies gesny
- rooi kersie tamaties, halveer
- 15 ml balsamiese asyn
- zucchini/ murgpampoentjies
- 1 koppie kaasblokkies
- basil blare
Braai brood tot bruin in olie. Ek het olyf olie gebruik en dit die aand voor die tyd gedoen.
Dreineer oor ‘n handdoekrol en laat koud word.
Klits mosterd, sout, peper en asyn saam.
Voeg geklitste eier en botter by.
Kook vir 5 minute op medium hitte.
Laat afkoel terwyl jy deurlopend roer.
Voeg jogurt by afgekoelde mengsel.
Voeg heuning by na smaak (Ek het 4 eetlepels bygevoeg)
Meng met brood.
Sny zucchini/ murgpampoentjies in stukke/repies en braai in olyfolie (titseltjie sout).
Halveer tamaties en week in olyfolie en balsamiese asyn mengsel (sout na keuse).
Meng zucchinis, kaas, tamaties en broodmengsel, meng goed.
Njom, Njom, Njom!
Resep en foto: Ansonia Moolman