Your Recipe Blog

BROODPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minutes

BROODPOEDING

  • paar snye brood (8 – 10 ongeveer)
  • handvol rosyne
  • 1 eetlepel botter
  • 1½ koppie melk
  • kaneel na smaak
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • heuning
  • neute, opsioneel

Neem ‘n paar snye brood en sny/breek in stukkies en pak in ‘n gesmeerde glasbak. Voeg ‘n halwe hand pitlose rosyne daaroor.
Smelt ‘n die botter in die melk in ‘n pot op die stoof en geur met genoeg kaneel.
Voeg die suiker by en laat die geure lekker trou oor lae hitte.
Jy kan ook die appelkooskonfyt daarin smelt of jy kan die appelkooskonfyt oor sit  soos met sagopoeding.
Giet die sous oor die brood en laat dit lekker intrek.
Drizzle ‘n klein bietjie heuning oor die mengsel en ook neute dien verkies.
Bak in die oond teen 180°C vir 40 minute of tot lekker bruin en gestol.
Bedien met tuisgemaakte vla en rond af met ‘n kruisement blaartjie.

Resep en Foto: Michael Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page