BROODJIE HAPPIES BY BRAAIVLEIS
- 1 teelepel sterk mosterd
- 250 g gekapte spek (bacon)
- 1 eier
- 2 koppies gerasperde Cheddar
- 1 koppie bruismeel
- 1 koppie melk of karringmelk
- 1 ui, fyn gekap
Meng alles saam tot sagte deeg. Skep lepelsvol op gesmeerde bakplaat (laat spasie tussenin).
Bak 20 min by 180°C in vooraf verhitte oond.
Resep en foto: Elfrieda Wessels
Category: