Your Recipe Blog

BROOD-EN-BOTTER PIEKELS

| Servings: 19 botteltjies

BROOD-EN-BOTTER PIEKELS

  • 24 groot Engelse komkommers
  • 18 uie
  • 1 koppie sout
  • water om komkommers en uie te bedek

Gebruik 2 skottels en sny 12 komkommers en 9 uie dun met die mandolin in elke skottel.  Strooi ½ koppie sout oor elke skottel se inhoud en voeg genoeg water by om die inhoud  te te bedek., laat staan vir 3 ure.

  • Stroop per skottel:
  • 5 koppies suiker
  • 5 koppies wit asyn
  • 1 teelepel borrie
  • 1 teelepel mosterdsaadjies
  • 5 naeltjies

Kook die bestanddele vir die stroop saam.  Dreineer die eerste skottel se komkommers en uie deeglik sodra die stroop kook en voeg die gedreineerde komkommers by die kokende sous.

Kook saam vir 5 minute, skep die gekookte komkommers in warm voorbereide flesse, skink stroop oor tot die bottel goed vol is.
Laat die lugborrels uit deur ‘n lang sosatie stokkie teen die kante af te druk dat die lug borrels kan uitkom.
Vul verder met stroop en draai die voorbereide deksels styf op.
Herhaal die proses met die tweede skottel se inhoud en bottel die piekels op dieselfde manier.

Resep: Elizabeth Gunter
Foto’s:  Alta van Dyk Gunter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page