Your Recipe Blog

BROCCOLI EN ONTBYTSPEK SLAAI

BROCCOLI EN ONTBYTSPEK SLAAI

  • ± 600 g broccoli, in klein stukkies gesny (rou)
  • 1 pakkie ontbytspek, bros gebraai en stukkies gesny
  • ½ koppie rosyntjies
  • 4 groen sprietuie, fyn ringetjies gesny (ek gebruik gewoonlik sommer die hele pakkie)
  • Sous:
  • ¾ koppie mayonnaise (± 180 ml)
  • 2 eetlepels asyn
  • ¼ koppie suiker

Meng die sous bestanddele deeglik tot suiker opgelos het.
Meng broccoli, ontbytspek stukkies, rosyntjies en sprietuie en giet sous oor.
Meng liggies en laat staan ‘n klein rukkie voor opdiening.

Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto:  Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page