Your Recipe Blog

BROCCOLI EN MIELIESLAAI

BROCCOLI EN MIELIESLAAI

“Deesdae probeer ek effe gesonder eet en goeie lekker slaaie tickel my. Party is te gesond. Party te fancy en die een net reg. Ek het hierdie resep by my kollega Lynton Combrick gekry en die foto is my eie. Vinnig. Maklik. Lekker. ”

  • 1 groot broccolikop
  • 1 pak van 4 groenmielies
  • 2 ronde rooi uie
  • sout en peper, na smaak
  • 125 ml vegan mayonnaise, romerig, moenie tangy gebruik nie
  • sap van 1 suurlemoen

Stoom die broccoli vinnig in die mikrogolfoond. Die geheim is om die broccoli effe krakerig/rou van tekstuur te hou.
Rangskik die broccolistukkies mooi op ‘n opdienbord.
Maak die mielies gaar deur dit te stoom in  die mikrogolfoond. Of jy kan selfs die mielies met olyfolie smeer en in die lugbraaier gaar maak. Of gebruik ‘n metode van jou  keuse.
Sny die mielies en rooi uie op. Rangskik dit saam met die broccoli op die bord.
Meng die mayonnaise en suurlemoensap tot effe loperig. Geur die sous met sout en peper.
Geur die slaai ook met sout en peper. Bedruip die slaai so hier en daar met die sous.

Resep geplaas deur: Liezel Van der Merwe
Foto: Liezel Van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page