Your Recipe Blog

BROCCOLI EN AVOKADO SLAAI

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 porsies

BROCCOLI EN AVOKADO SLAAI

(Baie baie lekker)

  • 2 koppies gesnipperde broccoli
  • 1 koppie gesnipperde rooi ui (wit ui werk ook)
  • ½ koppie pitlose rosyne
  • ½ koppie okkerneute
  • 1 avokadopeer

Pak bostaande bestanddele uit op ‘n mooi opdien bord en gooi die volgende slaaisous oor.

Nota:
Drup net so bietjie slaaisous oor en net voor bedien, skep die res oor die slaai of bedien apart.

  • Slaaisous:
  • 2 eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn
  • ¾ koppie mayonnaise
  • ½ koppie suiker

Meng alles baie goed saam sodat suiker kan oplos.
Maak dit ‘n rukkie voor die tyd en plaas in die yskas.

Nota:
Cranberry kan bygesit word vir mooi kleur.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page