BRANDEWYNTERTJIES
- Beslag:
- 250 g dadels
- 5 ml koeksoda
- 250 ml kookwater
- 250 ml witsuiker
- 60 ml botter of margarien
- 1 eier
- 375 ml koekmeel
- 2 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 125 ml gekapte neute
- Stroop:
- 300 ml witsuiker
- 250 ml water
- 15 ml botter of margarien
- 100 ml brandewyn
- 2 ml vanilla geursel
Beslag:
Sny dadels fyn en strooi die koeksoda oor. Giet die kookwater oor en laat staan om af te koel en sag te word. Meng suiker en botter goed. Voeg die eier by en meng. Voeg hierdie mengsel by die dadelmengsel. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer dit by die dadelmengsel in. Roer ook die neute in. Spuit klein kolwyntjiepannetjies en skep twee derdes vol beslag.
Bak ongeveer 15 tot 20 min by 180°C tot mooi bruin en gaar.
Stroop:
Kook suiker, water, botter en sout 5 min saam. Haal van die stoof af en voeg brandewyn en vanilla by. Dompel warm tertjies in die stroop.
Laat afkoel.
Resep en foto: Elda Steyn Langenhoven