Your Recipe Blog

BRANDEWYN-KARRINGMELKPOEDING

Recipe by
Cook: 45 minute

BRANDEWYN-KARRINGMELKPOEDING

  • Poeding:
  • 125 g margarien
  • 200 ml suiker
  • 2 eiers
  • 250 ml bruismeel
  • 1 ml sout
  • 500 ml karringmelk
  • 250 ml varsmelk
  • Sous:
  • 70 ml water
  • 70 ml brandewyn
  • 100 ml bruinsuiker
  • knippie sout

Voorverhit die oond tot 170°C.
Bespuit ‘n medium oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Verroom margarien en suiker saam.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Sif die droë bestanddele saam. Meng die karringmelk en vars melk saam.
Voeg die melkmengsel om die beurt met die droë bestanddele by die margarienmengsel.
Skep die beslag in die voorbereide bak, plaas in die oond en bak sowat 45 min lank of totdat poeding gaar is.
Plaas die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt en tot die suiker opgelos is. Prut vir 2 minute.
Giet die sous oor die gaar warm poeding.
Dien op saam met vla, indien verkies.
Poeding kan koud of warm bedien word.

Foto en resep:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page