Your Recipe Blog

BRAAIVLEIS BROODJIE VAN MIELIEMEEL

Recipe by
Cook: 45-50 minute | Servings: 8-10

BRAAIVLEIS BROODJIE VAN MIELIEMEEL

  • 500 ml fyn gerasperde wortels
  • 425 ml kookwater
  • 30 ml olie
  • 15 ml heuning
  • 500 ml mieliemeel
  • 2 ml rooipeper
  • 5 ml sout
  • 4 ekstra groot eiers, geskei

Voorverhit die oond tot 180ºC en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit.
Smeer of spuit die pannetjies.
Meng die wortel, kookwater, olie en heuning saam.
Sif die mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel.
Klits die eiergele en voeg by die mengsel.
Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel.
Skep die broodmengsel in pannetjies en bak vir 45 – 50 minute.

Nota: 
Willemien het die heuning met ‘n ¾ koppie bruinsuiker vervang – dit sal die broodjie effens soeter maak.

Resep geplaas deur Johnny Steyn
Foto: Willemien Pretorius

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page