Your Recipe Blog

BRAAIVLEIS BAKED BEANS

BRAAIVLEIS BAKED BEANS

  • 1 x 410 g baked beans in tamatiesous
  • 25 ml bruinsuiker
  • 2 ml droë mosterd
  • 65 ml tamatiesous
  • 4 repe spekvleis, fyn gesnipper
  • 50 ml gepkapte ui
  • 50 ml Worcestersous

Stel oond op 180°C.
Braai alles saam buiten die baked beans, sodra die spek en uie lekker gaar is, skep die baked beans by en kook net lekker deur.
Skep in oondvaste bak met deksel en bak vir 15 min.  Verwyder deksel en bak verder vir 20 min.

Nota:
Indien die sousie te dun na jou smaak is, maak bietjie Bisto aan met klein bietjie water meng dit deur voor die laaste 20 min. sonder die deksel.
Kan ‘n dag voor die tyd gemaak word. Bedien warm of koud.
Heerlik! Ek het kerriepoeier en vars gemaalde swart peper asook ekstra ui bygesit.

Foto:  Marie Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page